Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende III Die teenkant Die glinster-sterre wat die nag versprei; Die grysgroen skemer ná sonsondergang; Die heerlik kleure wat die dagbreek vang Van ongesiene strale, wat verby Die houvas van die berge boontoe gly; Die donker swart van bosse op die hang; Die see se ou, gefluisterde gesang, Waarin die skone met die woeste stry - Dit sal ek afstaan, soos ek moet, tevree; Ek het dit tog bewonder en gehoor, Daaruit geput my troos en sielsplesier Wat moed tot deurvolharding steeds kon gee, Voordat die teenkant, met sy smart, versmoor Die liefde wat my lewensloop versier. Vorige Volgende