Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XLIX Sing, vinkie, sing! Dis lekker vir jou om te sing As die son sy sonskyn bring Om die pad met goud te saai Waar die wilgertakke swaai As die koel veldwindjie waai. Sing, vinkie, sing! Ek wens maar ek kan fluit Soos jy, dag-in, dag-uit, Oor die water, oor die vlei, Waar die wit aandblompies sprei 'n Blomtuin wit vir my. Sing, vinkie, sing! Hier waar jou nessie swaai, Met vinkietjies belaai! Leer hulle algar ook te sing [pagina 214] [p. 214] Vrolik en vlot as die sonskyn bring Goud vir die môre en middag. Sing, Vinkietjies, sing! Vorige Volgende