Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XLVI Waar die koue noordpool-naarheid Die rotse bewerig maak, En die skitterende noorderligte Oor die woeste ysveld waak, Waar teen die groen ysblokke Die groen seewater bruis, Daar in die noordpool-wêreld Het die wit ysbeer sy huis. Hy's wit soos fyn wit donsies Van winter se kapok, En sy bere-vel is lank van haar Soos 'n wit angora-bok. En sy ogies fonkel geler As die noorderson se skyn, Wat blink voor sy helder sonnelig In die noordpool-nag verdwyn. Hy's warm en sag in sy bere-grot Wat tussen ysblokke is; Daar slaap hy deur die noordernag En eet sy noordpool-vis. Daar sien hy hoe die walvis spuit, En die robbe rondom speel; En die klein yswolfie is sy maat, Met 'n vel soos wit ferweel. En bo hom swerwe seevoëls Wat van ou Ysland kom, Waar in die swarte skadu-berg Die heks van Hekla brom. Vorige Volgende