Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXIX Kom dans met my! Kom dans met my! Wat wil jy liewer, beter doen As in die lentetyd te vry, As alles mooi is, alles groen, En as jy vry, jou lief te soen? Kom dans met my! Kom dans met my! Wat wil jy liewer, beter hê As in die somertyd te kry Wat lente vroeër het uitgelê Met rente, soos die mense sê? Kom dans met my! Kom dans met my! Wat kan jou liewer, beter wag As in die winter, ná jou stry, 'n Tyd vir rus, vir droom 'n dag - En dan die allerbeste nag? Vorige Volgende