Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 207] [p. 207] XXXVIII Kom ons ooit weer uit die vreemde t'rug, Weer om te speel, Weer om te werk in die wêreldskool, Weer om te swerwe en rond te dool, Weer om onsselwe te pla met vra, Tot selfs die lewe ons verveel - Al ons lewe en al ons dae, Weer om bly te wees, weer om te sug? Wie van ons weet wat die toekoms hou? Wie van ons weet? Wie is so seker die Dood is Dood? Wie dat hiernamaals daar skuil geen nood? Wie dat daar slaap is? Vir elkeen rus? Altyddeur in 'n slaap gesus, Nooit weer bang te wees, nooit te berou? Vorige Volgende