Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXVII Kan jy nie reg die agterkant spioen, Kan jy nie seker van die toekoms wees, Vertrou dan maar jou siel; verslaan jou vrees En sê: ‘Dit kan ek weet; dit kan ek doen. En daardie ander weet ek nie en kan, Al wil ek ook hoe graag, nie anders doen.’ Dan voel jy op jou voorkop as 'n soen Die seën van gerustheid - en word man. Vorige Volgende