Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXVI Vleg vir my bruid 'n mirtekrans; Gee haar 'n lelie in die hand En lei haar uit en laat haar dans - Dit is jou laaste, laaste kans, Want môre is sy uit die land. Haar oë is helderder as lig Op bruilofsmôre. Bitter nag As eens my laaste liefde-plig Dit is haar oë toe te dig En sugtende te sê: ‘Goeiendag!’ Haar hand is teer, deur liefdetrou Op bruilofsmôre. Bitter wee As eenmaal nie my siel berou Om sag haar hande toe te vou, En alles, alles, af te gee. Vorige Volgende