Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 206] [p. 206] XXXV Daar's nog die lang rooi wapad voor my, Wat op- en afdraand deur die vlakte koers, Vol stof'rig' sand, wat rooigeel oor my As roukleed trek 'n rooigeel floers. Waarheen dit lei, dit weet ek nie; Ek trap maar stadig as ek stap. Ons loop die wêreld in, en wie Kan sê ons loop nie vir die grap - 'n Grap wat niemand ooit bespeur, Waarom geen mens op aarde lag - 'n Grap die lange lewe deur Van môre-rooi tot middernag? Vorige Volgende