Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXIII Yster roes van nattigheid; Yster word verkleur deur tyd; Yster is gemaak vir stryd - Gee hom bloed te drink! Bloed! Bloed! Bloed! Spies geskerp op spies, kan sny - Spies wat wag op wat hy kry; Spies wat na sy offer vry - Gee hom bloed te drink! Assegaai vir stryd gemaak; Assegaai wat dors na wraak; Assegaai wat bloed wil smaak - Gee hom bloed te drink! Bloed! Bloed! Bloed! Tref so diep soos smart kan tref, Spiespunt oor tot by die hef, Tot geen siel meer smart besef - Gee hom bloed te drink! [pagina 205] [p. 205] Dood wat dood kan proef en slaak, Bloedlus wat tot beul vermaak Alles wat sy skadu raak - Gee hom bloed te drink! Vorige Volgende