Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 204] [p. 204] XXXII Saal en toom en buikgort En my maanhaar wil ek wed! Daar was nooit 'n land soos hierdie nie, 'n Weiland-wêreld mooier nie, As hierdie wêreld hier! Vlei en vlak en helling, En orals die ope veld, Waar 'n perd soos ek kan draf en hol, Galop en spartel soos hy wil, Dag in na hartelus! Die domoor-osse bulk net, En hul praat oor laaste jaar - Oor die soet ou Katberg-weilandgras, Oor die ouderwetse wêreld daar, Waar ek nie weer wil wees! Saal en toom en buikgort! Dis die wêreld hier vir my! Daar's nêrens so 'n wêreld nie, So uitgestrek soos hierdie nie - 'n Perde-wêreld dié! Vorige Volgende