Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXXI Waar die Katberg, wit-kapok-gekroon, Die suiderland oorsien, Daar het ons in ons jeug gewoon, En arbeidsaam gedien. Daar het ons soetgras saam herkou Op die son-gevlekte vlei - Kan jy die dae nog onthou, Al jare lank verby? Die Katberg oor, die wêreld in, Lang skofte deur die sand: Ons het geworstel en gewin Tot in die noorderland. 'n Nuwe wêreld het ons nou En 'n nuwe soort van wei - Kan jy die dae nog onthou, Al jare lank verby? Die Katberg oor, die Koup verby, Die diep riviere deur, Tot waar die hoë land versprei Sy soet tamboekie-geur, Waar leeus en tiers hul nagprooi kou En die olifante wei - Kan jy die dae nog onthou, Al jare lank verby? Vorige Volgende