Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXVI Jy wat staan treur, Asem die geur Orals versprei oor die land - Die geur van die klei, Van die blom op die vlei, Van die brander-nat gras op die strand. Lente het hier Bruilof gevier, Alles gedos in sy groen; Son, wind en reën Het die vlakte geseën; Skoonheid die wêreld gesoen. Ja, soos 'n kind, Teder bemind, Moeder-omhels word en lag, So lê die vlei, Son-bemind, bly, Heerlik in middaggloed-prag. Mag word verslaan, Liefde vergaan, Dood is die sterkste wat bly; Neem wat jy wil, Kwansel, verspil - Nooit kan jy hou wat jy kry. [pagina 201] [p. 201] Tog, daar is een, Mensdom se seën - Een wat die sterkste sal staan! Een wat oorwin Dood en sy sin, Liefde en mag wat vergaan - Skoonheid wat bly Eeue-deur vry, Kragtig gekroon met sy krag; Skoonheid wat vlei, Bekoor en verlei - Skoonheid, wat win as jy wag! Vorige Volgende