Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXVII Outa Adam en ek het gisteraand By die kruispad 'n spook gewaar: In die wit maanlig was 'n spookgesig Met wilde, verwarde haar. ‘Dis Tannie haar spook, wat laaste jaar Van die galkoors dood is, baas. Sy sit en wag tot middernag, Tot die spoke fluitjie blaas; Dan kruip sy t'rug na die spokeland, En dan maak sy daar groot lawaai Oor haar kinders hier wat verjaarsdag vier By Jiems in die Mieliedraai!’ Vorige Volgende