Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 200] [p. 200] XXV ‘Man, jy moet hoenders hou!’ het iemand my gesê. Ek dog hy was my vrind: ek het die goed gehou, En eers het alles goed gegaan: gelê Die môre, middag deur het elke hoendervrou; En elke hoenderman het hard hoera gekraai Vir elke eier in die hoenderhok. En toe vir niks gestaak - eiers en lawaai Was albei weg, en niks kon hul weer lok, En dit was neus verby. Net dit my troos: ‘Ja, ek het ondervinding nou: ek weet Wat hoenders doen, en wat hul nie kan doen.’ 'n Les soos dit word nooit nie weer vergeet. Moreel of eties? Vra dit maar aan Joos, En, plaas van hoenders, teel dan maar pampoen. Vorige Volgende