Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXIV Oupa is oud, en sy kop is wit, en sy oë bysiende en swak; Oupa is sag en geduldig, kind, want oupa is oud en mak; Oupa het reeds deur die wêreld heen al wat daar is, gesien; Oupa het alles alreeds gekry wat iemand se werk verdien; Oupa is sat en moedeloos-moeg en smag na die rus wat kom: Oupa se lewe is afgeleef; oupa se rug is krom! - Wat is die nut van my oupa dan, wat nie meer sy mens kan speel? - Wat is die nut van verlede jaar? Verbeel jou maar, verbeel! Vorige Volgende