Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXIII Jaloers is die winde Wat sag teen my waai, En my groet as my vrinde, En my dun takkies swaai Met 'n vurig omhelsing van vreugde, met geur van die veldgras belaai. Soos goud in die are Van kwarts in 'n krans, Soos son deur my blare Wat bewe en dans, So skitter die skyn van my blomme, in weeld'rige, war'lende glans. Vorige Volgende