Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 199] [p. 199] XXII Die westerson, in wilde vlam, Op vensterglas en watervlak Gooi goudgeel reuse-glorievlekke, Wat lewe as die sonlig sterwe Op berg en dal en dak. Die koning van die dag is lam, Lam van sy wêreldlang rondswerwe; Moeg van sy magtig' môre-glorie, Sy middagkrag, En al die prag Van die lang skemering-afstanddoen, Voordat die laaste kleur hom soen En op sy troon die donker groen Van nag sy rykdom pak. Vorige Volgende