Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XXI Die varkblom en die lelieblom Het eenmaal hard gestry. ‘Ek is 'n regte lelieblom: In godsnaam, wat is jy?’ ‘Dieselfde son wat op jou val, Dié streel my met sy straal: Dieselfde reën wat jou verkwik, Het ook op my gedaal. Dieselfde kleur wat in jou wang Die witste wit verspot, Sit in my kelk en gee aan elk Wat vir my pluk, genot.’ ⋆ Daar het 'n os verbygekom, Verdwaal van uit sy pad - Die varkblom en die lelieblom Lê in die modder plat. Vorige Volgende