Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 195] [p. 195] XIII Is jy bly om te lewe? Wees bly om te sterwe. Soos die wolkies wat swewe, Geniet as jy swerwe; Want die wind sal verwaai al die wolkies, En die Dood het die reg jou te erwe. Is jy sat van jou swerwe? Wees dapper en lewe; Eenmaal sal jy tog sterwe, Hoe vaster jy klewe Aan die liefde en lus van die wêreld En die kennis en krag van die eeue. Vorige Volgende