Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIV Gerimpelde seestrand, met seegras besaai; Gerimpelde seewater, brander-gelaai; Gerimpelde rotse, gebeitel deur Tyd; Gerimpelde skulpe, deur seekrag verslyt; Gerimpelde velde, geploeg deur die wind; Gerimpelde modder, gekras deur 'n kind; Gerimpelde strate, geknou deur die wiel, Waarop as die dag breek met sonlig en hoop, Of nag slaat sy donkergroen sluier neer, loop Gerimpelde mense met byna geen siel. Vorige Volgende