Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VIII Groenspaan op 'n koper-oulap Amper glad geskuur deur Tyd. Vroeër was dit 'n vors se kop, dié: Nou is dit tot niks verslyt. Selfs die skrif kan niemand lees nie, Niks daarvan 'n mens verstaan; Waar die letters was, is nou net Koperroes - ons sê groenspaan. Weg is vors, en weg sy glorie, Weg sy koningsmajesteit; [pagina 193] [p. 193] Roes-bedek lê sy geraamte Doodgeworstel deur die Tyd. Hard is koper, hard is grafsteen, Hoog 'n vors se majesteit; Harder, hoër as dit alles, Tyd wat ryk en roem verslyt. Vorige Volgende