Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 191] [p. 191] V Die reën is weg; oor al die bossies stroom Die sonskyn in sy glorie met 'n glans Van louter goud, in elke doringboom Gons singertjies, en elke sprinkaan dans. Hier oor die veld, vergeur nog deur die reën En bont versier met vermiljoen en geel, Daar swewe vrede, skaduwend as 'n seën, En rooivlerk-spreeus kraai in die prieel. Die blomtuin staan half skaam, want kyk, die vlei Is bonter nog met blomme, blou en rooi, En pragtiger as blomtuin ooit as hy, En mooier ook, al is hy self so mooi. So ná die worstelstryd en donker nag As ná die onweersbui kom vrede en stil; En die Natuur bly luister en bly wag, Berustend op 'n ondeurgrondb're wil. Vorige Volgende