Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 190] [p. 190] III Mierkatjie, wat met sonlig speel, Ek vra jou: ‘Kan jy jou verbeel 'n Wêreld waar geen sonlig straal, Waar nooit die veld sy glans behaal Van groter lig wat op hom daal?’ Mierkatjie, wat die sonskyn streel, Ek vra jou: ‘Kan jy jou verbeel 'n Donker wêreld om jou heen Waar ewig duister-donker reën, En met geen sterreglim daarteen?’ Vorige Volgende