Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Die rooi pad loop reguit na die see toe, Waar die pikkewyne nagmaal hou. Die lang sandduine, vaal en grou, Lê agter waar die randjies bou 'n Ringmuur altyd in die rou, Met gras wat altyd grys of vaal is, En hellinge wat amper kaal is; Waar net die vygies reënboogkleure Vertoon, en bobbejaantjies geure Gee om te meng met soutpanwasem Wat dag en nag die soutkors asem. Daar voor die uitgestrekte see, Wat van die pool sy branders gee Om hierdie strand in slaap te sus, Van al sy see-wrak onbewus, En hom as vrind begroet en bring 'n Koorgesang om mee te sing. Vorige Volgende