Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 189] [p. 189] Meer slampamperliedjies I Water en wyn meng same, Half water en half wyn; Maar nooit nie olie en water, En selde groot en klein. Silwer en goud smelt same, Half silwer en half goud; Maar nooit nie skimmel met silwer, En selde jong en oud. Water en bloed meng same, Half water en half bloed; Maar nooit nie yster en water, En nooit nie kwaad en goed. Silwer en lood smelt same, Half silwer en half lood; Maar nooit nie sand met silwer, En nooit nie lewe en dood. Vorige Volgende