Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende 'n Treurlied O wilger, wilger, wilgerboom, Wat oor die water waak, Spaar van jou treur 'n tak, genoeg Om kranse van te maak! O lelie, lelie, lelieblom, Wat in die voortuin pryk, Skenk bruilofsterre wat die krans Met al jou tooi verryk! O donkergroen lourier, wat rou Die hele jaar deur, gee, As sieraad vir die doodkiskrans, Jou loof uit liefde mee. O helder, helder, helder son, Strooi oor die graf jou glans! Het meely met die lelieblom En met die wilgerkrans! Vorige Volgende