Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVIII Vaarwel aan Insulinde Mirakelland van oerwoud en vulkaan Ek groet jou in jou glorie! Elke teug Van die koel suidewind hernu my jeug En maak my amper kind weer, en verslaan 'n Dampwolk van gedagtes en die waan Dat net maar in die wes die lewensvreug 'n Weerklank vinde, en dat trou en deug Alleen kan bloei in lande waar die maan Oor louter ys en wit kapok sy glans Op wintermôres werp. Ag, ek gewaar My liefde groei tot byna bo verstand! Ken ek nie meer my eie koppie en krans, My hoogland-vlak van Beaufort tot De Aar, Leen dan vir my 'n nuwe vaderland! Vorige Volgende