Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVII Meta Api Waarom het jy gister gehuil, Meta Api? Hoekom het jy gister gesnik in die bos? Was 'n skroef van jou liefde, my hartlampie, los? Of het jy jou liefde verruil, Meta Api? - Verruil vir die dons van die waringin-boom, Die geur van die lotos wat swem, Die pronk van die see wat jou eiland omsoom, Die groen wat sy strande omklem? Vir wasem en wierook wat hemel toe rys - 'n Reukofferande van hier, Soos vroe'r in jou tempels die mirrerook wys Hoe plegtig jy bidstond kon vier? [pagina 183] [p. 183] Vir purper gepers uit die mangostan-skil, En rooi uit die ramboetan-vel, Vir rooi wat die vuurkewer dra as hy wil, Vir goud wat die dagbreek voorspel? Is één van dit alles, of alles daarvan, 'n Kwart werd van wat jy verruil? Skroef vaster die skroefie, so vas as jy kan - Ek weet, Meta Api, jy huil. Vorige Volgende