Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XV Die Doerian Vrug van die vrugte, koning, wees gegroet! Jou steeklig' skil versluier godespys. Ek, vreemdeling uit 'n vreemde land, verstaan Die krag wat joue is; en as ek staan, Hier in die dessa-straatjie, waar die rys Die randjies op in modderplaatjies groei, Hier waar die mangostan so pragtig bloei, Hier waar jou geur die wêreld rond omraam, Bring ek jou ook my hulde toe: Salaam! Vorige Volgende