Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XIV Balikpapan Die lig wat in die grond is opgegaar, Maak daglig van jou nag. Groot sterre skitter langs jou strand, en agter Lê fier jou oerwoud-prag - Lianes wat die hoogste toppe raak, Dun rottangs glansryk groen, En reusebome, mandjie-varings vol, Wat nooit die sonlig soen. Vorige Volgende