Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 180] [p. 180] XIII Dipa Negara Wie meely oor het in sy manlik' hart Vir moedige misslag en mislukte doel; Wie vir 'n vyand self erbarming voel In diepste neerlaag en in droefste smart; Wie weet hoe ru die Noodlot ons kan tart; Hoe vryheidshartstog in die hart kan woel; Hoe sonde deur berou word afgespoel; Hoe rassetrots die reinste siel verswart - Gee hom 'n woord van eerbewys, want hy Het geprobeer met moed, misluk met moed En kloek sy harde noodlot getrotseer. Nie syne nie die lot te lewe vry Ná braaf geofferde heldekrag en -bloed; Net dit te win - die meely wat hom eer! Vorige Volgende