Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XI Krakatau O duister reus van driemaal donker rots, Waaroor 'n wolk van wasem soos 'n kroon Elk oomblik opstyg; jy wat ewig troon Oor purper watervelde in jou trots, Waarteen die branders ongehinderd bots En afval soos 'n skadu! Ongewoon Aan sulke majesteit en sulke hoon Staan ek verbysterd. Jou almagtig' klots Het eens die wêreldhart geskud, die see Geslaan tot skuim, en heel die land laat dreun, En tweemaal twintigduisend man vermoor. Jy was visier toe van 'n ryk van wee, En op jou het verwoestingsmag gesteun, En in jou krater was die hel se koor! Vorige Volgende