Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende X Aan Multatuli Kind van die noorderwêreld, waar die kou Van winter weerga vinde in 'n volk Wat kalm bly as jy kokend is en flou En nie jou taal verstaan nie sonder tolk! Die warmer Ooste, waar die son ontstaan, Het jou tot man gemaak, en van jou hart Die ys-gekorste kettings afgeslaan, En jou geleer daar lê ook vreug in smart, En in ellende grootsheid. Ek, as een Met wie die Ooste ook gepraat het, gee Hier, waar Adindas spook by maanlig ween [pagina 179] [p. 179] Oor Saïdjahs graf in eensaam-stille wee, My huldegroet aan jou as blyk daarvan, Apostel, hoëpriester, lyder, Man! Vorige Volgende