Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 177] [p. 177] VII Die oerbos In die oerwoud van Borneo, Waar die takke druip met mos, En die rasamala-bome Die son groet bo die bos, Klouter oor die reusestamme Die orang-oetangs rond, En die boomslang, dors na water, Stuur stadig oor die grond. Daar hang die tou-lianes, Wat vol met water sit; Daar swewe in die bruine lig Die vlinders groen en wit. Daar troon die taai doring-rottang, Wat alles wil omklem; Daar kruip die modder-krokodil Om in die see te swem. Daar is dit soos die dood so stil, In berg en bos en dal: Jy hoor net waar 'n oer-ou stam Sy varing-las laat val. Maar as dit skemeraand word, Dan breek die stilte los, In elke laan en lommeroord, In hierdie oerwoud-bos. Dan vonkel teen die swarte stam Die kewer soos 'n ster, En in die stilte hoor jy hoe Die klein bos-apies blêr. Vorige Volgende