Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VI Buitenzorg 'n Wondertuin, hier waar die Salak spog Oor Wehstenland en oor die wêreld troon - 'n Wondertuin! Dis jarewerk bekroon Hier eind'lik met die seëpraal vir hom, Ou Teysmann, kruidenier; hy het gedog Hy kon 'n standbeeld opsit in 'n tuin - 'n Lewendige standbeeld tot sy eer Om vir die nageslag te toon hy was 'n Kunstenaar in bome en in gras. Jy wat hier wandel, as jy hierso kom, Bring hom dan lof vir wat geskape is - Jou loflied-eer, dit kan ou Teysmann mis. Sy standbeeld staan in hierdie tuin, en hy, As hier miskien sy spook by nag probeer Om rond te dwaal en alles te aanskou, Die kleureprag, die skaduryke bruin, Dan kan hy trots wees en sy hande vou En sê: ‘Ek het geywer vir die land, Ek het volbring. My dank is dat ek weet Dit alles help 'n bietjie vir verstand En kennis, wetenskap wat nooit vergeet!’ Vorige Volgende