Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 176] [p. 176] V Aan die ketting 'n Klomp bandiete, krygsbandiete, dié, Gevang in Atjeh, nou vir stratewerk Gebruik. Dis nuttig' werk, belangrik' werk; En wie sal aanstoot neem daaraan, en wie Sal kla: ‘Die vryheidsliefde is te sterk Om uitgeput te worde hier op straat’? Maar wie sal nie met meely hier vandag Die klompie gadeslaan nie? Wat dit baat, Puur saamgevoel, vir iemand wat oorwin En makgemaak is? Wag tot eenmaal in Jou eie siel die vryheidsliefde ontluik En dan gesmoor word eer die eerste slag Geluk het. Wag die tyd af, en vra weer: Hoe kan ek hierdie meegevoel gebruik? My siel is stukkend, maar ek het probeer! Vorige Volgende