Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende IV Meester Cornelis Janssens, ek voel vir jou Wat hier die tweede maal Beswyk het in die klou Van 'n vyands seëpraal. ‘Maarskalk van Frankryk! Nooit Gee tweemaal vir jou oor!’ Het jy in jou lewe ooit So wat gehoor? Maarskalk, ek voel vir jou; Jy het jou bes probeer - Sal jy, bitter in berou, Onthou die tweede keer? Waar die Noodlot teen jou veg, Kan jy wae en verdra Vir wat skyn vir jou die reg? Antwoord jy: ‘Ja’? Vorige Volgende