Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 175] [p. 175] III Emmahaven Maanlig; die wêreld stil, Nat met die middagreën; Sonder 'n wind wat gril Vir die skemeraand se seën. Die palme staan aan slaap; Die mango-bome rus; Die rooi hibiskus pronk en gaap, Deur die lowermot gesus. Stadig, ernstig, stil, Mymer die ou rivier, Met 'n oupa-krokodil Waaroor die muggies tier. Bome en donker groen, En swart waar die groen verdwyn, En die see soos perlemoen Met die maan se silwerskyn. En die water teen die strand Loop rimpelig op en neer, Van die rotse na die land, Tot die bos se rand hom keer. Vorige Volgende