Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II De Lesseps Die standbeeld van 'n held, wat koen Terugblik op sy reusewerk, Alleen probeer, alleen gedoen - Hy het alleen gestaan, want hy was sterk. Die Noodlot speel met wat hy kry, Wat kans gee dat hy kurang speel; Wie met hom worstel, met hom stry, Dié gee hy soms sy toegekende deel. Die seë wat 'n mens behaal, Moet uitgewerk word tot hy kom. Hy het gewin sy see-kanaal. ‘Alleen gestaan!’ is lof genoeg vir hom. Vorige Volgende