Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 174] [p. 174] Uit My Oosterse Dagboek I Gibraltar Dit is die rots. Die ou pilare Van Herklaas staan nog vas Deur al die lang-verslete jare. Brokkelige gruis op die helling, En onderkant geil-groen gras. 'n Vestingwerk; 'n gat daaronder Waardeur die apies dwaal Om die Spaanse wêreld te bewonder In Afrikaanse eenvoudigheid, Al lyk dit ook so vaal. Dis eers gewin en weer genome. Wie sal dit eind'lik hou? Die wêreld-keiserryk van Rome - Brokkelige ryk van die ou tyd - Is al jare lang verflou. Vorige Volgende