Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die koorsman Hy kom as die winter klaar is, As die bruin van die koppies verkleur: As die somer-reëndae daar is, En die gousblom met sy geur. Onder slanke abiekwa-bome, Waar die spruit se water slaap, Daar droom hy aldag drome En rek hom uit en gaap. Waar die wonder van die duister Elke aand die aarde verf, En die son se glorie-luister Elke dag word oorgeërf; Waar 'n wêreld wild met rommel Sonder weerga rondom woel, En die wind die water skommel, Om sy laerplek te spoel; Daar skuil hy deur die droogte En wag die winter weg, Tot, groen op elke hoogte, Die klimop kransies vleg. Hy vry nie as 'n ‘minnaar’; Hy skroom nie as hy skeur: 'n Tergende, trotse oorwinnaar, Draf hy al die vlaktes deur. [pagina 160] [p. 160] En elke dorp en plasie Beboet hy met sy tol, Sonder die minste grasie - Roek'loos, rusie-vol. Hy trek uit as dit skemer, Die wye wêreld in, As die naguil sit te temer En die sterre sterkte win. Die noordland is sy eie Oor-erfde koninkryk, Waar die varingpalme in rye Oor die pragtig' water pryk. Hy woeker in die weste, Vlieg oos toe en na suid; Hy roof die slegste en beste - Roof en laat staan sy buit. Vorige Volgende