| |
| |
| |
Die verlate plaas
Die setel van alles wat oud is,
Verlate, verdor en verwoes;
Maar geler nog meer as die goud is
Die geel van sy gousblomme-oes;
En groener as helder smaragde,
Wat tinte uit reënboë trek,
Is die pronk van sy grasige pragte,
Verwar deur die wind lê die duine,
Om elkeen 'n weerklank te gee
Vir die sagte gesang van basuine
Geblaas deur die bruis van die see,
En magtige asgroue rotse,
Oorgroei met rooi seegras, hou stand
Teen die skok van die branders se botse,
Wat slaan oor die strand.
Sy lot is die aaklige leemte;
Vir altyd, verwoes tot 'n vreemdte,
Vir altyd daaronder te ly.
Die vonnis wat oor hom gespreek word,
Is sonder 'n kans van appèl.
Sy prag en sy praal moet verbreek word
Geen grasie, al is hy onskuldig;
Geen glim van genade, al gluur
Verwoesting wat wag ongeduldig,
Deur sarrende noodlot gestuur.
Geen traan wat as trooster kom lawe
Sy dood-owerrompelde duin;
Hy self is sy graf en begrawe
Geen aalmoes te kry vir sy armte;
Geen drank as die dors op hom druk;
Geen wierook behalwe sy warmte,
Wat lewe en sap uit hom ruk;
Geen water, hoe hard en hoe magtig
Die middagson alles verskroei;
Geen kleure, hoe purper en pragtig
Die jare vergaan oor sy jammer;
Ontroof van sy weelde, is hy sat;
En die dou van die môre maak klammer
| |
| |
As modder die sand van sy pad.
En die aandson, wat vloei oor die vlakte,
Gee gloeiende krone van goud
Vir sy rotse en wind-afgehakte
Hier huisves geen hoop op herstelling,
Want alles is mislik verwoes;
Die toekoms voorspel net maar kwelling,
Soos water op yster die roes.
Die plaas is met ruïnes bepêreld
Waaronder 'n gogga-land woel;
Sy glorie is weg uit die wêreld,
Die duisendpoot kruip oor die drumpel,
Om skuil in die voorhuis te soek;
Die slang, as hy sluip, maak 'n rimpel
In die stof van die voorkamer-hoek;
Die uil en die vlermuis is bure
Daarbo op die solder se balk;
En op die vervallende mure,
Die suidewind skommel die deure;
Skarniere rinkink as dit reën;
Sy enigste wierook is geure
Wat natte verrotting verleen;
Die skimmel kleef vas aan die rame,
In skobbe wat skurf is en grof;
Die vuil en die stof maak tesame
Sy blomtuin, verwoes en verlate,
Lê wild deur die wind afgemaai;
Die heining vol skeure en gate,
Waarin die dik spinnerak swaai;
En tussen brandnekels en kweekgras
Groei varings, tot dwergies verklein;
En suidissels martel die week gras,
Die almagtige kragte word ouer,
Die wêreld word kleiner en skraal;
Geen sterkte wat dien as behouer,
Hoe diep ook verwoesting mag daal.
En selfs die Natuur skenk geen vrede,
Maar gaan steeds as aartsvyand voort,
Tot lewe moet wegsink, oorlede,
| |
| |
Geen liefdeglans kom hier te lawe,
Geen geur strooi 'n waas wat versag,
Waar, onder die eeue begrawe,
Die wêreld erbarmelik smag.
Geen troos het die dag vantevore
Gebring, en vandag gee geen heel;
Geen redding uit daglig gebore
Was sonde ook hier om te sidder
Vir toekomste duister en grou?
Vir bidstond was hier ook 'n bidder,
Besiel met oorwinnende trou?
Het geloof met gewetensbesware
In oertyd hier orals gekamp,
Oorwinnaar in hoop en gevare
Geen antwoord, behalwe die winde,
Wat ewig oor veld en oor see
'n Rusplek loop soek en nooit vinde,
En jammer en huil in hul wee;
Geen antwoord, behalwe die donder,
Wat ver in die skemeraand dreun,
En orals sy mag laat bewonder
Die kranse se skadu's word tenger;
Die blou lug word sieklik en bleek;
Die klofies se engtes skyn enger;
Die daglig word dowwer en breek;
Die wes word 'n wêreld van bonte
En glansryke vlammende vuur:
Die dag is gedaan; al die rondte
Die lag van die lokkende nagte
Nooi motte en vlermuise uit;
Die hamerkop staan ingedagte
En hoor hoe die naguiltjies fluit;
Die mierkatjie kruip in sy gaatjie;
Skerpioene kom dans sikketees;
Muskiet in die spinnekop-draadjie,
Die boegoe-geur sprei, en die vlei-land
Is geel met aandklossies in bloei;
Die hele verlate ou weiland
Het rus van die ramp wat hom skroei.
Die boer-in-die-nag vou sy blare;
| |
| |
Die wilde-ajuin staan en gaap;
Die yw'rige dagkewer-skare
Hier slaat teen die strand nog die sagte
En slaap'rige hand van die see;
Die aanddonker duister die pragte
Soos wanhoop die oë van wee.
Die wind laat die spinnerak skommel
Waaronder die spinnekop koes;
En dood lê die plaas en sy rommel,
|
|