Salmon van As
[Salmon van As was een van die drie persone wat die Engelse regering as misdadigers opgeëis en van die vredesvoorwaardes van Vereeniging uitgesluit het, omrede dat dit beweer was dat hy 'n Engelse offisier vermoor het. Die feite van die ‘moord’ is soos hieronder beskrywe. Van As, oortuig van sy onskuld, het geweier om te vlug en het kalm en bedaard op Heidelberg gebly, totdat hy later gearresteer is; en ná 'n krygsgerig waar hy geen kans gehad het om sy getuie op te roep nie, is hy veroordeel en die anderdagmôre doodgeskiet en sy lyk begrawe in die kloof. Daar op sy graf is die doringboom geplant deur sy veldkornet. Van As se lyk is later opgegrawe en plegtig in die Heidelbergse kerkhof ter aarde bestel, tesame met dié van ander Heidelbergse burgers.]
Teenoor die kerkhof-ringmuur,
Hier in die kleihard' sand,
Groei 'n verlate doringboom,
Dertien jaar t'rug geplant,
En waak oor 'n leë grafplek
Op 'n koppie wat kyk na die weste,
Lê 'n voorpos te luister en wag.
Daar's 'n kraak in die kors van die wolke
Waar die helder maan deur kyk en lag;
En die wind van die suikerbosrandjie
Maak kouer die kou van die nag.
Daar's 'n kêrel te perd met 'n wit vlag -
'n Kêrel wat klatergoud sprei,
Wat elke aand kom en die voorpos
Met vleiende praatjies verlei.
Hy sanik gereeld: ‘Dis onmoontlik
Te wen teen ons heerskappy!’
'n Mauserskot knal in die duister:
'n Ruiterloos perd draf verby,
En die Kaffers hol t'rug na die kamp toe
Die nuus van die daad te versprei;