Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VIII Mymering As ek aandagtig in die aandlug tuur, En diep oorpeins al wat ek hoor en lees, En wonder in gedagte wat sal wees Geheim verskuil agter ons lewensmuur, En waar die Dood ons eind'lik heen sal stuur, Dan voel ek sterk en seker, want my gees, Tevrede en geduldig, sonder vrees, Wag soos die middag op sy skemer-uur. Maar as ek dink: ‘Miskien, ag, kom ons weer, T'rug in die lewensworst'ling en -gewoel, Waar bitter Noodlot al ons vreug verniel En al ons ideale ru verteer,’ Dan is dit amper of ek in my voel Koud - koud my hart en hoendervel my siel. Vorige Volgende