Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende VI Skeiding My skat, as eind'lik ek van jou moet skei En een van ons moet ingaan in die nag Waar wie-weet-wat op elkeen van ons wag, Waaruit geen mens ooit troos of tyding kry, Wees dan gerus - want dié wat agterbly, Gedenk sy maat wat mym'rend in die prag Van die onkenb're skaduland sy drag Alleen moet beur, tot oor die land verbrei Die glans van volle onsterflikheid en vree Vir ewig, en ons weer mekaar ontmoet En weer as maats so hand in hand kan dwaal Oor oewers van 'n onbegrensde see, En elke brander as hy bruis, begroet Met dankbaarheid wat elke leed betaal. Vorige Volgende