Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 148] [p. 148] V Dood O trotse Dood, die mense doen jou eer, Bang vir jou hartstog, huiw'rend vir jou hand, Wat lewe wegslaat en die donker land Hiernamaals aanwys, waar die spoke weer Tot mis en onaantasb're ligte keer. Hul noem jou groot, God van die Anderkant, Genadeloos, verhewe bo verstand, Vors van die vors en Heerser van die heer. En tog, daar is 'n trotser mag as jy, Wat ons beperkte wysheid nooit kan meet - 'n Mag wat alles sterk maak en verkwik, Al is jy, Dood, ook met ons. Ja, vir my Is elke kind se eerste lewenskreet 'n Groter wonder as sy laaste snik. Vorige Volgende