Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende IV Hoop Ek het geen wierook om as offerande Jou toe te swaai as ek jou siel begeer; Ek het geen lof, amper geen liefde meer, Om by te voeg by al die reeds verpande Lof, liefde en leed wat eenmaal, tot my skande, Ek vir jou uitgestort het. Nog 'n keer, En sonder pronk of prag, wil ek probeer Om weg te worstel uit die willesande Waarin jy my verlok het met jou lig, Wat soos vuurvliegies in die duister dartel, En soos vuurvliegies uitdoof en verkwyn. Ek het jou siel nie; maar jou aangesig Bly myne vir altyd, totdat ek spartel In doodse angs en in die nag verdwyn. Vorige Volgende