Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Trou Ek dra geen krip of kromband om my arm Vir jou, wat voorgegaan het; want ek weet Ek sal jou nooit, ek kan jou nooit vergeet, Al word wat warm is, koud - wat koud is, warm. Het ek die reg te sê: ‘Ag, ek erbarm My oor my vrind,’ as droefnis liefde vreet En in my eensaamheid my voorkop sweet En louter klag slaat in my ore alarm? Het ek die reg te wonder of jy walg Oor spookverskynsels in 'n spokeland? Ek, wat ongierig opkyk na die galg Van werklikheid, wat klaar staan vir verstand - Ek, traneblind, wat in die duister tas Half flou, verkreupel deur die lewenslas? Vorige Volgende