Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 146] [p. 146] Sonnette I Liefde Wie ken die krag wat sterre laat verskyn As die jong nag weemoedig-duister ween En purper-groen sy droefnis-trane reën Oor die ou dag, wat vaal, verlam verdwyn? Wie ken die groter krag wat my laat kwyn As ek moet stoei, geen mens kan weet waarteen, As ek moet hink, geen mens kan weet waarheen, En my plesier gee, ja, in pure pyn? Ek ken dit self nie, en ek weet maar dit: Ek het jou eenmaal in jou siel gewaar, Diep in die skim-ryk waar die liefde sit, Waar al wat krag is, lank was opgegaar Om vir my in my nood tot hulp te wees, Tot goue kettings binde gees aan gees. Vorige Volgende