Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende LXIX Die vlag wat eenmaal oor ons was, Is nou nie meer ons vlag; Verskroei verlede maand se gras - Daar 's nuwe groen wat wag. Die Spinnekop se wimpels stroom Daar waar die seewind waai; Die ou nag met sy donker droom Het tot die lig gedraai. Rooi, wit en blou en kruise drie - Dis niks vir ons vandag! Net maar herinnering wat ons nie Wil ruil vir wat ons wag. Sint-Joors, Sint-Andries en die Ier Is niks vir my en jou! Kom saam 'n nuwe feesdag vier, 'n Nuwe vlag ontvou. Die groen van wat God om ons rond Gesaai het wêreldwyd, Die tint wat hier tapyt die grond Deur al die somertyd - Laat dit ons eerste vlagkleur wees: Die groen wat Hoop voorspel, Wat voorbeeld is van al die gees Wat nimmer tart nòg kwel. En rooi, die kleur van lewensbloed - Laat dit as tweede pryk, Herinnering aan die Heldemoed Wat land en volk verryk. Die derde blou, die donkerblou Wat berg en laagland verf, Tot teken ons geslag bly Trou Aan wat ons eind'lik erf. As laaste kies die witste wit - Die kleur van Reinste goed - En vleg dit same in gelid Met groen en blou en bloed. [pagina 122] [p. 122] Die kleur van Hoop, die kleur van Trou, Die kleur van lewensbloed, Die spierwit Reinheid wat behou Die krag van Heldemoed - Meng al dié vier en maak vandag 'n Vierkleur-vlag daarmee - 'n Nuwe vlag, 'n reine vlag, Vir vryheid en vir vree! Vorige Volgende